Wednesday, December 26, 2007

JA, DIS REG....VANDAG IS NOU WEER EEN VAN DAAI DAE...
DIE DAE WAT JY SO SIT EN TERUG DINK AAN WAT ALLES GEBEUR HET....
SULKE NOSTALGIESE DAE WAAR DIT VOEL ASOF JY WIL LAG EN HUIL EN CUT TERSELFDE TYD....

SO IN PLAAS VAN OM AL DIE BO-GENOEMDE TE DOEN,BLOG EK EERDER...



DAE SOOS HIERDIE


My voete loop die pad van my hart.
My mond spreek van verlange en my oe is op jou gefokus.
Kan jy my dalk se waar die liefde le?


Jou hare is pik swart
So swart soos valient, en die Nag...
Die nag wat ek bedags beleef.

Jy's al waaraan ek dink
Jy's so naby
Maar tog so ver.



Ek kan aan jou raak,
Maar ek huiwer...
Soms wil ek net met jou praat.


Ons almal maak maar die beste van n slegte saak
Saam met bitter kom soet
Saam soet kom bitter.


Jy is soet
Jy is bitter
Jy IS ...
Jy was my alles
Jy was my God,
ja ek erken dit
Alles was jy vir my

Ek't jou gesien...elke dag
Ek't aan jou gedink...elke dag

Jy staan uit


Jy maak ander se wonde heel
Ek wou gehad het jy moet my wonde heel maak.
Ek wou jou ken
Ek wou he jy moes my vashou
Ek wou he jy moes my hand in joune vasdruk
Jou hand op my rug sit en my styf vashou!



EKT JOU TOE OP N STADIUM LEER KEN
JY'T MY OP N STADIUM VAS GEHOU
JY'T MY OP N STADIUM STYF VAS GEHOU
JY'T MY OP N STADIUM LIEF GEHAD


JY'T OP N STADIUM MY HART GEBREEK!

EK HAAT DIE FEIT DAT EK JOU VERTROU HET.
EK HAAT DIE FEIT DAT EK JOU LIEF GEHAD HET.
EK HAAT... JOU.





Dit voel soos maande
wat ek laas met jou gepraat het...
Ek haat jou nou minder
Amper niks meer nie.

DIT VOEL GOED OM WEER TE KAN ASEM HAAL..
DIT VOEL GOED OM WEER VRY TE WEES.




Met hierdie gedig
sluit ek my
verhouding met jou af.





DAAR IS WEL HOOP

n Vriendin het hierdie geskryf...

Jou viesie wys my nuwe lesse wat ek moet leer,
jy voel my hart met jou oor wat fyn luister,
jy moedig my aan met jou oe,
jy staan geduldig...



Jou dienende hande,
dwing my tot nederige kniee.
Jou opregte hart,roep my tot heiligheid..
Jy bly jy!






1 comment:

Nandi-Jo said...

Goed gese, vriendin!